Coaching is partnering with a person in a thought-provoking and inspiring process
that inspires them to maximise their personal and professional potential
― ICF definition
Gooi môre se fondament vandag
dink krities en wees kreatief oor wat jy vandag nodig het om môre se drome waar te maak.

Hegte verhoudings
Gefokusde denke
Fiks en gesond
Om ‘n Afspraak te maak kliek hier of stuur ‘n e-pos na johan@oorsprong.co.za.
Riglyne vir ‘n afspraak
Afsprake is normaalweg 60 minute.
Afsprake kan of in persoon (verkieslik vir die eerste afspraak), oor Zoom geskied of telefonies geskied.
Johan maak nie afsprake vir ‘n Donderdag, ‘n Saterdag-middag (na 12:00) en ‘n Sondag nie.
Afsprake kan enige tyd tussen 07:00 en 18:00 wees. Johan verkies vroeg-oggend of laat-middag.
In jou e-pos gee drie, maar ten minste twee, moontlike tye vir die eerste afspraak. Afsprake moet ten minste 12 uur voor die tyd gemaak word.
Johan sal die afspraak per e-pos, WhatsApp of telefonies bevestig.
1
Is jy tevrede met waar jy tans is?
Is jy tevrede om toe te laat dat eksterne faktore jou lewe beheer?
1
Indien nie, is dit tyd om coaching te oorweeg.
1
Life Coaching
1
As ‘n lewensbegeleier fokus ek op die klient. Dit beteken die kleint bepaal die agenda en die spoed waarteen ons beweeg.
My benadering is gefokus op die kliënte en die doelwitte van die kliënt. Ek is oortuig die persone met wie ek werk die visie, plan en vaardighede het om die toekoms waaroor hulle opgewonde is te skep. Ek help hulle om die onbewuste verbintenisse, verkeerde prioriteite en die gedrag waarmee hulle hulself saboteer te identifiseer. Ek help hulle om die sleutel projekte en belangrike verhoudings te belyn met die toekoms wat hulle vir hulself wil hê.
Konflik Coaching
Konflik is meer as net ‘n goeie “fight” in ‘n vergadering. Dit is ‘n verlammende botsing van belange en behoeftes.
My benadering tot konflik is gefokus op die kliënte en die doelwitte wat die kleint bepaal. Dit is my taak om die kliënt te help om te verstaan wat konflik is, hoe konflik die kliënt beinvloed en strategiëe te ontwikkel ten einde volhoubare veranderinge te bewerkstelling. Die doel is om die kliënte te help om vaardighede en denkwyses te bemeester wat konflik minder bedreigend maak.
Geestelike begeleiding
Met my agtergrond in teologie en coaching tree ek ook op as ‘n geestelike begeleier vir individue.
My benadering is om steeds gefokus op die behoefte van die persoon wat ek begelei. Ek begelei hulle deur die in oefening van dissiplines van stilte, studie en diens, Ek help hulle om vanuit hierdie bron te leef in die uitwerk van die toekoms wat hulle vir hulself sien.
