Gooi môre se fondamente vandag

bou samewerking wat ‘n verskil maak

adult-american-board-1157859

Dapper leierskap

Minder spanning

Korrekte inligting

Konflik is seker een van die mees ontmagtigende ervarings van die lewe.

Daarom as ons anders kan dink oor konflik, kan fokus op dit wat anderkant die konflik moontlik is,

kan ons ‘n nuwe toekoms ontwerp.

Bemeester konflik

.a

Die normale manier om konflik te hanteer is om te probeer bestuur deur gesprekke en opleiding. Hierdie gesprekke sal lei tot kompromiee wat hopelik die konflik sal laat verdwyn. Soms is daar ‘n wenner, maar meerendeels is daar twee ontevrede verloorders.

a

Ek werk met die uitgangspunt dat konflik nie goed of sleg is nie. Konflik kom tot uitdrukking in gedrag wat goed of sleg vir die verhouding kan wees. Hoe ek my self gedra is ‘n keuse wat of spontaan (reflexive) of deurdag (reflective) kan wees. 

a

My benadering kombineer insigte van groepsdinamika en menselike gedrag om te soek na die werklike oorsprong van konflik, nie net die gedragsapsekte daarvan nie. 

 

Wat konflik jou kan kos

a

Konflik in organisasies lei tot:

a

•       Verlies aan inkomste

•       Verlies aan produktiwiteit

•       Verlies aan mens-vriendelike omgewing

•       Lae moraal onder werknemers

•       Toename aan onproduktiewe spandering 

 a

Maar as ons effektief met konflik omgaan kan dit bydra tot 

a

•        Toename aan inkomste

•        Afname aan onprodudktiewe spandering

•        Toename in produktiwiteit

•        Groei van individue in die span

•        Verbeter spanwerk en moraal 

•        Bevorder van kreatiwiteit en innovasie

•        Herwaardeer mens-vriendelike omgewing

Span coaching

 

Span coaching is meer as konflikbestuur. Dit is gerig daarop om die verhoudinge in die span te verbeter deur individuele lede te help om vaardighede en denkwyses te bemeester wat die span kan help om beter besluite te neem en beter uitvoering aan hulle taak te gee.

 a

My benadering bestaan uit drie fases. 

a

Die eerste fase is opleiding om konflik te verstaan.  Hier word die konsep van konflik bemeestering verduidelik.

a

Die tweede fase is reeks coaching gesprekke met spanlede. Dit fokus o.a. op die doen van selfwerk, bou van verhoudings, deelname aan moeilike gesprekke.

a

Die laaste fase is ‘n werkswinkel wat daarop gemik is om ‘n kultuur vir konflikhantering te ontwikkel.

 Pryse en pakette

Die proses is dinamies en word vir elke situasie van voor-af beplan en ontwerp binne die raamwerk dat konflik nie weg bestuur kan word nie.

 Kontak Johan om ‘n prys te bepaal.